Kerkkalender 2026

** LET WEL: Die kalender is saamgestel deur die kantoor van die Algemene Sinode en dien slegs as ’n basis. Dit kan aangepas word deur sinodes en gemeentes met byvoeging van unieke plaaslike gebeure.
Nuwejaarsdag (Publieke Vakansiedag) 1 Januarie
Epifanie 6 Januarie
*Week van Gebed 18-25 Januarie
Biddag vir Opvoeding en Onderwys 8 Februarie
Lydensweek 1 / Verheerlikingsondag 15 Februarie
Aswoensdag 18 Februarie
Lydenstyd 22 Februarie – 5 April
Lydensweek 2 / *Biddag vir Trauma en Verlies 22 Februarie
Lydensweek 3 1 Maart
Wêreldbiddag vir Vroue 6 Maart
Wêreldbiddag vir Mans 7 Maart
Lydensweek 4 8 Maart
Lydensweek 5 15 Maart
Menseregtedag (Publieke Vakansiedag) 21 Maart
Lydensweek 6 22 Maart
Groot Lydensweek / Palmsondag 29 Maart
Goeie Vrydag (Publieke Vakansiedag) 3 April
Paassondag 5 April
Gesinsdag (Publieke Vakansiedag) 6 April
Biddag vir Gesondheidsdienste 12 April
Vryheidsdag (Publieke Vakansiedag) 27 April
Werkersdag (Publieke Vakansiedag) 1 Mei
Moedersdag 10 Mei
Hemelvaart 14 Mei
Pinksterfees 24 Mei
Triniteitsondag 31 Mei
Biddag vir Ekologie 31 Mei
Koninkrykstyd 31 Mei – 22 November
Biddag vir Blindes 7 Junie
Biddag vir Jeug en Kategese 14 Junie
Jeugdag (Publieke Vakansiedag) 16 Junie
Vadersdag 21 Junie
Barmhartigheidsmaand / Vrouemaand 1-31 Augustus
Nasionale Vrouedag (Publieke Vakansiedag) 9 Augustus
Bybelsondag 30 Augustus
*Seisoen van Skepping 1 September – 4 Oktober
Biddag vir Dowes 6 September
*Biddag vir Landbou en die Boerderygemeenskap 13 September
Erfenisdag (Publieke Vakansiedag) 24 September
Biddag vir Bejaardes 27 September
Hervormingsfees 25 Oktober
Biddag vir Beskermingsdienste 15 November
Christus die Koning Sondag 22 November
16 Dae teen Geslagsgebaseerde Geweld 25 November – 10 Desember
1ste Advent Sondag 29 November
Wêreldvigsdag 1 Desember
2de Advent Sondag 6 Desember
3de Advent Sondag 13 Desember
Versoeningsdag (Publieke Vakansiedag) 16 Desember
4de Advent Sondag 20 Desember
Kersfees (Publieke Vakansiedag) 25 Desember
Welwillendheidsdag (Publieke Vakansiedag) 26 Desember
*Die Week van Gebed is ’n gevestigde gebruik in die NG Kerk. Hierdie spesifieke tyd word ook reeds sedert 1908 internasionaal as ‘n ekumeniese gebedstyd vir die eenheid van die kerk ingerig. Jesus se gebed “dat hulle almal een mag wees” (Johannes 17:21) roep die Kerk tot sigbare eenheid. Deur aan te sluit versterk die NG Kerk ekumeniese verhoudinge, toon nederigheid oor verdeeldheid, en getuig van Christelike eenheid in ‘n gefragmenteerde wêreld.
*Biddag vir trauma en verlies: Pastorale sorg is in die hart van gemeentebediening en Christelike sorg. Ons is baie bewus van die unieke konteks van lyding in Suid-Afrika. Hoë misdaadstatistiek traumatiseer voortdurend individue, families en gemeenskappe. Die trauma van Covid-19 het steeds impak op baie. Die Bybel roep ons om mekaar se laste te dra (Galasiërs 6:2). ‘n Biddag erken gemeenskaplike pyn, skep ruimte vir heling, en demonstreer die kerk se besorgdheid oor mense. Dit bied hoop te midde van trauma en posisioneer die kerk as ‘n helende teenwoordigheid in ons kwesbare samelewing.
*’n Seisoen van skepping van 1 September tot 4 Oktober word reeds wyd in ekumeniese kringe gevier. Hierdie beweging groei internasionaal in die lig van klimaatsverandering en ‘n duidelike oproep tot getuienis en rentmeesterskap teenoor in verhouding tot die skepping.
*Landbou is die ruggraat van Suid-Afrika se ekonomie en voedselsekerheid. Boere, hul werknemers en landelike gemeenskappe staan onder groot druk vanweë verskeie eksterne faktore, insluitend natuurlike realiteite soos droogtes en klimaatsverandering. Hierdie biddag sou ‘n geleentheid wees om te bid vir reën, goeie oeste, vrede en veiligheid op plase, en wysheid vir beleidsmakers wat landbou raak.
Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

2026: Teken in om Kerkbode ook in gedrukte formaat by jou gemeente te kry
7 October 2025
Mediarubriek | Wat’s nuus? Wanneer die leser nie jou stem mis nie
6 October 2025
Mediarubriek | Wat’s nuus? Wanneer joernaliste se keuses tot konflik lei
6 October 2025
Deel 2: Diepte-artikel: Diensleraars oor hulle ander beroepe, die waarde van mentors en ’n kultuur van begeleiding
6 October 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Geniepsig
7 October 2025
Pasmaats – Gebed
6 October 2025
Pasmaats
6 October 2025
Driedubbele tou
5 October 2025

Lig Tydskrif Vennote

God gee genesing ná ouers se selfdood: ‘Waar dood was, het Hy lewe gebring’
7 October 2025
Riana Nel: ‘Ek sal elke keer ewigheidswaarde bo gewildheid kies’
6 October 2025
Skooljuffrou raak harte aan: ‘Koester die verlede, maar vertroetel elke nuwe oomblik’
3 October 2025
Jesus se uitnodiging na nader, ligter, minder
2 October 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?