LITURGIESE VOORSTEL VIR HERVORMINGSONDAG

Ons herdenk vanjaar ‘n besondere mylpaal in ons kerklike geskiedenis: Twee eeue van selfstandige kerkwees in Suider-Afrika sedert die eerste Algemene Kerkvergadering (AKV) in 1824 in Kaapstad plaasgevind het. Kyk gerus na ‘n video wat deur die Argief van die NG Kerk in Stellenbosch hieroor vervaardig is.

Terselfdertyd is dit nou reeds 90 jaar sedert die eerste Psalm- en Gesangeboek in Afrikaans op Hervormingsondag 1934 in gebruik geneem is. Ons vier dus die Kerk se reformatoriese erfenis, die Kerk se wortels in Afrika en die Kerk se lied in Afrikaans.

’n Gesamentlike herdenking op Hervormingsondag, 27 Oktober 2024, bied aan ons ’n unieke geleentheid om ons gedeelde geskiedenis en onderlinge geloofsverbondenheid te bevestig. Ons kan ons geloofsgemeenskap hier in Suid-Afrika vier en die eenheid wat ons bely, sigbaar maak deur saam te aanbid.

Twee spesiale gedenkdienste vir die AKV200 word op 3 November 2024 gehou. Die een vind plaas in die Groote Kerk in Kaapstad (die tyd sal bevestig word), en in die Hervormde Kerk Pretoria-Oos wat om 16:00 plaasvind. Die twee dienste word onderskeidelik gelei deur die voorsitters van die Algemene Sinode Moderamen (NGK) en Algemene Kerkvergadering (NHKA). Beide eredienste sal direk gestroom word sodat lidmate regoor die land daarin kan deel.

Hierdie geleenthede kan benut word om plaaslik die gemeentes van ander kerke van Gereformeerde inslag by die gesamentlike eredienste te betrek. Ons is immers daarvan oortuig dat ons in geloofsoortuiging nou aan mekaar verbonde is en dat die kerke van die Gereformeerde tradisie ’n kosbare bydrae tot die lewe van die kerklike lewe en breër gemeenskap in Suid-Afrika gemaak het.

‘n Gesamentlike werkgroep van die NGK en die NHKA het gewerk aan ‘n liturgiese voorstel vir die inrigting van plaaslike eredienste op Hervormingsondag. Die liturgie bied ruimte vir liturge om na gelang van hul plaaslike omstandighede een van die verskillende opsies te kies óf om die liturgie self aan te pas. Ontvang en gebruik dit gerus. ‘n PDF kan hier oopgemaak en afgelaai word.

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe
5 June 2026
Só gaan dit weke ná groot stormskade | Boere is getraumatiseer, vra voorbidding
5 June 2026
NG Ring van Hanover: Brugleraar (ses tot nege maande)
5 June 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Junie 2026)
5 June 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Mond – Gebed
5 June 2026
Mond
5 June 2026
Dag – Gebed
4 June 2026
Dag
4 June 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek kon skielik nie sien, hoor of praat nie’ – vrou glo dat swaarkry haar vir ’n eie bediening gevorm het
5 June 2026
Louis en Hettie Brittz se grootste les: ‘Die huwelik gaan nie oor selfvervulling nie’
4 June 2026
LiG Getuig-podcast #3: ‘Ek wil die stilte rondom alkoholisme breek’
3 June 2026
Nina en Ma Lindie – ‘Dis genade wat ons stories mooi maak’
1 June 2026

Create a venue

Venue Title *
Venue Image *
Maximum file size: 128 MB
Description *
Facilitator
Facilitator Image
Maximum file size: 128 MB
Location *
date *
Venue Duration

Create a session

Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Kies Datum *
Tyd *
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB