Verklaring van Voorneme

April 20191. INLEIDING

1.1 Die Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR), is ‘n Gemeenregtelike Regspersoon wat geregistreer is as ‘n Nie-winsgewende Organisasie (Non-Profit Organisation – NPO), kragtens die Wet op Organisasies sonder Winsoogmerk, Wet 71 van 1997. Die KMDR funksioneer as ‘n (inter)nasionale netwerk van sinodale en/of Provinsiale Geloofsgebaseerde Organisasies (Faith Based Organisations – FBOs) wat kerklike maatskaplike dienste lewer.

1.2 Na die ontbinding van die Algemene Kommissie vir Diens van Barmhartigheid (AKDB) in 2004, het die maatskaplike diensorganisasies van die Kerk nie meer ‘n nasionale struktuur gehad waar die organisasies in verband met mekaar kon tree nie. Die KMDR is in die lewe geroep om hierdie leemte te vul en ‘n netwerk te vorm waarbinne die maatskaplike diensorganisasies van sinodes met mekaar in verband kan tree.

1.3 Die volgende lidorganisasies lewer dienste in die NG Kerk:

Tutela – Sinode Hoëveld

NG Welsyn Noord-Wes – Sinode Goudland

NG Welsyn Gauteng – Sinode Goudland

SKDBM – Noordelike Sinode

CMR Noord – Noordelike Sinode

KZN CMD – Sinode KZN

Badisa – Sinode Suid- en Wes-Kaap

Engo – Sinode Vrystaat

CMR Oos-Kaap – Sinode Oos-Kaap

Caritas Gemeenskapsfokus – Sinode Noord-Kaap

CMR Mpumalanga – Oostelike Sinode

CMR Gauteng-Oos – Oostelike Sinode

Hugenote Kollege – Algemene Sinode.

1.4 Die Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk van Suid-Afrika (hierna die Algemene Sinode genoem) is ’n Gemeenregtelike Regspersoon in terme van sy Kerkorde.

2 DOEL VAN DIE VERKLARING VAN VOORNEME

2.1 Met hierdie Verklaring wil die KMDR sy voorneme verwoord om die verhouding en samewerking tussen die KMDR en die Algemene Sinode van die NG Kerk te reël.

2.2 Die KMDR wil met hierdie Verklaring van Voorneme ook ‘n basisdokument daarstel wat as riglyn kan dien om die verhouding tussen sinodes en sinodale lidorganisasies te reël.

3. GESAMENTLIKE VISIE

3.1 Die Kerk van Christus is geroep om die Koninkryk van God in die wêreld te dien. Die Algemene Sinode verwoord hierdie roeping in die Kerkorde Art 2 soos volg:

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is deur God Drie-enig geroep om deel te neem aan die missie van God in die wêreld. Die Kerk word deur die Heilige Gees opgebou om God se eer te dien en verkondig die bediening van versoening en die heil van Christus.

3.2 Die KMDR erken dat kerklike maatskaplike dienste ‘n integrale deel van die missionale roeping van die NG Kerk is, en onderneem om lidorganisasies te ondersteun sodat die dienste volgens die etos/karakter van die NG Kerk bedryf sal word.

4. AANBOD VAN DIE KMDR

4.1 Die lidorganisasies van die KMDR lewer vakkundige maatskaplike dienste as deel van die Kerk se diakonale bediening. Hierdie holistiese kerklike maatskaplike dienste1 is ontwikkelingsgerig2 en sluit, onder meer, Vroeë Kindontwikkeling3 in.

4.2 In die Kerk se diakonale bediening, is die lidorganisasies van die KMDR medewerkers in die koninkryk van God saam met gemeentes en die onderskeie kerkverbande.

4.3 Die KMDR bied deur sy lidorganisasies in elke sinode, soos op plaaslike vlak ooreengekom, vakkundige dienste, kundigheid en ondersteuning aan gemeentes in hul diakonale roeping.

5. INSTITUSIONELE VERHOUDING: ALGEMENE SINODE EN KMDR

5.1 Die KMDR en die Algemene Sinode onderneem om die selfstandigheid en regsgeldigheid van beide partye as gemeenregtelike regspersone te erken.

5.2 Die KMDR fokus op die ondersteuning van die sinodes se geregistreerde maatskaplike diensorganisasies, en ander lidorganisasies, in terme van die doelstellings soos in sy konstitusie beskryf.

1) Die Organisasie bedryf nie self maatskaplike programme nie, maar bevorder die gemeenskaplike belange van sy lede se maatskaplike dienste.

2) Die Organisasie skep ruimte vir onderlinge oorlegpleging tussen sy lede.

3) Die Organisasie is die platform vanwaar eksterne skakeling en bedinging in belang van die lede plaasvind.

5.3 Die KMDR lewer netwerk- en ondersteuningsdienste aan ander instansies in die maatskaplike dienste sektor. Die KMDR en sy lidorganisasies neem ook wetlike voorskrifte en die belange van ander belanghebbende instansies4 in ag.

5.4 Die Algemene Sinode fokus op die ondersteuning van sinodes, en deur die sinodes die gemeentes in die onderskeie sinodale gebiede, in terme van Art 43 van die Kerkorde. Die Algemene Sinode bevorder, skep ‘n instaatstellende omgewing, en werk saam met die KMDR vir die suksesvolle uitvoering van hierdie Verklaring van Voorneme.

5.5 Missionale diakonaat, wat vakkundige en professionele dienste insluit, is ‘n onlosmaaklike aspek van die NG Kerk se missionale bediening.  Derhalwe is die KMDR as netwerk van sinodale maatskaplike diensorganisasies en van Hugenote Kollege as opleidingsinstelling, ‘n belangrike vennoot en agent vir die NG Kerk. Die Alg Sinode beskou die verhouding met die KMDR daarom as ‘n strategiese bate.

5.6 Die institusionele verhouding tussen die Algemene Sinode en die KMDR is ook van toepassing op, en kan as riglyn dien vir die beskrywing van die onderlinge verhoudings tussen sinodes en lidorganisasies.

6. ETOS/KARAKTER

6.1 In terme van die teologiese begronding van missionale diakonaat, aanvaar die KMDR die volgende as riglyn vir die etos/karakter van die Kerklike Maatskaplike Dienste:

6.1.1 die kerk se missionaal-diakonale bediening is ‘n noodwendige resultaat van die gelowiges se antwoord op God Drie-enig se verlossingswerk en roeping.

6.1.2 die missionaal-diakonale bediening van die Kerk word gelewer tot eer van God en in gehoorsaamheid aan Christus, en reik uit na alle mense in nood.

7. STANDAARDE

Die KMDR ondersteun lidorganisasies om kerklike maatskaplike dienste op ‘n effektiewe en volhoubare wyse te lewer met inagneming van beskikbare finansies en personeel. Kerklike maatskaplike dienste sal altyd binne die riglyne en begrensing van toepaslike Suid Afrikaanse en Namibiese wetgewing gelewer word.

8. AANSPREEKLIKHEID

Die Algemene Sinode sal nie aanspreeklik wees vir enige gevolge, finansieel en andersins, wat voortspruit uit die bedryf van die KMDR en sy lidorganisasies nie en vice versa.

………………………………………………………………………

1 Holistiese Kerklike Maatskaplike Dienste is die volle spektrum van maatskaplike dienslewering aan persone in nood, van die wieg tot die graf, ongeag ras, kultuur, geloof of oriëntering en sluit al die vlakke van ingryping in terme van die geïntegreerde ontwikkelingsmodel in.
2 Ontwikkelingsgerigte dienste verwys na ‘n belangrike uitkoms wat in kerklike maatskaplike dienste nagestreef word, nl die uiteindelike en deurlopende groei en ontwikkeling van die kliëntesisteem.
3 Vroeë Kindontwikkeling fokus op die eerste lewensjare om te verseker dat kinders optimaal en holisties ontwikkel.
4 Ander belanghebbende instansies sluit die Staat, ander kerke en geloofsgemeenskappe, sowel as donateurs en die plaaslike gemeenskappe in.

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025
Brief: Oor eerbiedwaardigheid vir die nagmaal
1 October 2025
Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings
30 September 2025
Skrywer nooi jou om saam te dink oor sterflikheid
30 September 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Óór-analities
2 October 2025
Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025
Oordeelsvermoë
1 October 2025
Onvergenoeg – Gebed
30 September 2025

Lig Tydskrif Vennote

Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Van kwadrupleeg tot mondskilder en motiveringspreker: ‘God is my kompas’
26 September 2025
‘Jesus en Ockert het haar kom haal’
25 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?