Besluit: Selfdegeslagverhoudings

skrywe-algemene-sekretaris-2BESLUIT VAN DIE BUITENGEWONE VERGADERING VAN DIE ALGEMENE SINODE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK OP 10 NOVEMBER 2016

1) Die Algemene Sinode besluit om die saak van selfdegeslagverhoudings met groot omsigtigheid te benader en om nie standpunte op gelowiges en gemeentes af te dwing waarvan die Gees die gemeentes nie oortuig het nie.

2) Die Algemene Sinode:

2.1 herbevestig haar verbintenis aan die besluite van die Algemene Sinode van 2011 oor Skrifbeskouing, Skrifgesag, Hermeneutiek en Skrifuitleg:

  1. Die Algemene Sinode herbevestig die verklaring “Skrifgebruik en Skrifgesag”, soos aanvaar by die Sinode van 2004, as ’n eenvoudige en prinsipiële samevatting van die NG Kerk se Skrifbeskouing.
  2. Die Algemene Sinode wys daarop dat vir ’n meer volledige uiteensetting van die saak, die verslae soos goedgekeur in 1986 (getiteld “Skrifgebruik en Skrifgesag”), 1990 (“Skrifberoep in Etiese Sake”) en 2002 (“Gesag van die Skrif”) hiermee saam gelees behoort te word (vgl Notule Algemene Sinode 2011, bladsy 91).

2.2 wys daarop dat die amptelike besluite van die Algemene Sinode oor Skrifgebruik en Skrifgesag nie gewysig is nie en steeds die geldende standpunt van die Algemene Sinode is.

3) Die Algemene Sinode bely:

3.1 dat ons altyd soekend moet bly na die waarheid van die evangelie tussen veelvuldige stemme en in ’n stukkende wêreld.

3.2 dat gelowiges met diep oortuigings oor selfdegeslagverhoudings dikwels van mekaar verskil, en daarom moet hierdie soeke in ’n gees van luister, sensitiwiteit, smeking, dringendheid en verantwoordelikheid benader word, wagtend op die leiding van die Heilige Gees.

3.3 dat almal betrokke by die verskillende vertolkings erns maak met die Skrif en dat daar by almal ’n opregte begeerte is om God se wil te soek.

3.4 dat die kerk die plek is waar almal omarm en die genade van Christus ontdek moet word.

4) Die Algemene Sinode:

4.1 beklemtoon dat geen mens minderwaardig behandel mag word nie, maar inteendeel, dat met respek en liefde teenoor alle mense as beelddraers van God opgetree moet word. Ons erken die gelykwaardigheid van alle mense ongeag seksuele oriëntasie en verbind onsself opnuut tot die bevordering van die Godgegewe waardigheid van alle mense.

4.2 roep alle lidmate op om, ongeag seksuele oriëntasie, mekaar met die liefde van Christus te aanvaar

4.3 vra onvoorwaardelik vergiffenis waar persone met ’n homoseksuele oriëntasie nie soos hierbo behandel is nie

4.4 herbevestig dat die huwelik deur God ingestel is as ’n heilige en lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en dat enige seksuele gemeenskap buite so ’n vaste formele huweliksverbintenis nie aan Christelike riglyne voldoen nie,

4.5 erken die realiteit dat daar lidmate van dieselfde geslag in burgerlike verbintenisse is wat getuig van liefde en trou.

4.6 bevestig dat die gesin as hoeksteen in ’n Christelike gemeenskap beskou word.

4.7 is oortuig dat enige persoon wat die genade van die Here deelagtig is en Jesus Christus as Here bely, ongeag seksuele oriëntasie, ’n volwaardige lidmaat van die kerk is en as sodanig as ongesensuurde lidmaat volle toegang het tot al die ampte in die kerk.

4.8 bevestig dat kerkrade die reg behou om self te besluit wie in leiersposisies in die gemeentes mag dien, en kan nie verplig word om enige persoon wat in ’n selfdegeslag burgerlike verbintenis is, in diens te neem nie.

4.9 besluit dat dieselfde Christelik-etiese standaarde met betrekking tot leer en lewe geld vir die legitimasie en ordening van alle persone, ongeag seksuele oriëntasie.

Die formulering van bogenoemde besluit, soos die gedeelte van die notule wat nog nie goedgekeur is nie, is onderhewig aan die goedkeuring van die moderamen.

Saam in Sy diens

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Gemeente Naboomspruit: Medeleraarspos
14 February 2025
Johan van der Merwe: Afrikaans 100: Die kerk het ook ’n rol te speel
14 February 2025
Brief: Trump se skuiwe vanuit die VSA spel ook die einde van die ‘apartheidsbekering’ in SA
14 February 2025
NG Gemeente Bothaville-Noord: Voltydse leraar
14 February 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Stem
16 February 2025
Ontsagwekkend!
15 February 2025
Roering plus appèl
14 February 2025
Roering
13 February 2025

Lig Tydskrif Vennote

‘Die hemel was oop vir my kind’ – vrou vind vrede ná man en kind se dood, én ’n beroerte
14 February 2025
Is ek te besig of te belangrik om te rus?
13 February 2025
 ‘My teerpad word ’n lelike grondpad ná ’n kankerdiagnose’
11 February 2025
Ma van tweekampatleet met Downsindroom: ‘Sy deelname is ’n getuienis van hoe goed God vir ons is’
10 February 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?