Biddag: geweld, misdaad en droogte

Beste kollegas

Die Moderatuur van die NG Kerk is deeglik bewus van talle vorme van nood in ons land. Ons is op die oomblik baie bekommerd oor die mate van geweld en misdaad en die impak van droogtes op lewe en die omgewing.

Die Goudland Sinode het inisiatief geneem om mense op te roep na ʼn landwye geleentheid vir verootmoediging en voorbidding op Woensdag 8 November. Ons ondersteun hierdie inisiatief heelhartig en doen ʼn beroep op al ons sinodes om gemeentes aan te moedig om op 8 November verootmoedigings- en voorbiddingsgeleenthede te reël en spesifiek te bid vir:

  1. die onaanvaarbaar hoë mate van geweldsmisdaad, waarvan plaasmoorde deel is.
  2. landbou-omstandighede en die impak van droogtes en klimaatsverandering op mense, diere en die omgewing.

As jy die biddag-prent wil aflaai om te gebruik, klik hier.

Groete en seën

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

LET WEL: Ons het terugvoer ontvang dat sekere intekenare nie verlede se nuusbrief ontvang het nie. Die nuusbrief het gehandel oor:

  • Vordering rondom die hantering van die hofstukke wat ontvang is
  • Reaksie op die verslag van die Commission for Cultural, Religious and Language Rights (CRL)
  • Wysingswetsontwerp van die Skolewet

As jy dit nie ontvang het nie, vra ons verskoning. KLIK GERUS HIER OM DIE NUUSBRIEF TE LEES

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk Vrystaat: Voltydse senior leierskappos (PSD)
13 October 2026
NG Kerk in Noord-Kaapland hou sinodesitting | Dag 1: ‘My bede is dat God hier sigbaar sal word’
12 October 2026
Reeks oor roepingsverhale: ‘My lewenspad tot hier’
12 October 2026
Brief: Hartkreet van ’n Dopper-in-diaspora
12 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Regter
14 October 2026
Kind – Gebed
13 October 2026
Kind
13 October 2026
Tug – Gebed
12 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 October 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026