Biddag: geweld, misdaad en droogte

Beste kollegas

Die Moderatuur van die NG Kerk is deeglik bewus van talle vorme van nood in ons land. Ons is op die oomblik baie bekommerd oor die mate van geweld en misdaad en die impak van droogtes op lewe en die omgewing.

Die Goudland Sinode het inisiatief geneem om mense op te roep na ʼn landwye geleentheid vir verootmoediging en voorbidding op Woensdag 8 November. Ons ondersteun hierdie inisiatief heelhartig en doen ʼn beroep op al ons sinodes om gemeentes aan te moedig om op 8 November verootmoedigings- en voorbiddingsgeleenthede te reël en spesifiek te bid vir:

  1. die onaanvaarbaar hoë mate van geweldsmisdaad, waarvan plaasmoorde deel is.
  2. landbou-omstandighede en die impak van droogtes en klimaatsverandering op mense, diere en die omgewing.

As jy die biddag-prent wil aflaai om te gebruik, klik hier.

Groete en seën

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

LET WEL: Ons het terugvoer ontvang dat sekere intekenare nie verlede se nuusbrief ontvang het nie. Die nuusbrief het gehandel oor:

  • Vordering rondom die hantering van die hofstukke wat ontvang is
  • Reaksie op die verslag van die Commission for Cultural, Religious and Language Rights (CRL)
  • Wysingswetsontwerp van die Skolewet

As jy dit nie ontvang het nie, vra ons verskoning. KLIK GERUS HIER OM DIE NUUSBRIEF TE LEES

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 11 Julie 2025)
11 July 2025
Brief: Witheid (whiteness) in die NG Kerk?
11 July 2025
Brief: Ons moet ons van ons bekering bekeer
11 July 2025
Brief: ‘Eksklusiewe gebruik van enige taal – Afrikaans, Engels of Xhosa – kan uitsluiting veroorsaak’
11 July 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Potskerf en poësie
11 July 2025
Jobstroosters
10 July 2025
Help my!
9 July 2025
Weer en weer
8 July 2025

Lig Tydskrif Vennote

My noue ontkoming in see: ‘God het ’n engel gestuur om my te red’
11 July 2025
Alkoholisme – ’n gesinsverwoester
11 July 2025
Die betowering wat in die donker te vind is
10 July 2025
‘Kies om God te aanbid – ten spyte van moeilike omstandighede’
9 July 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?