Week van 3 Oktober 2025

WEEK VAN 3 OKTOBER 2025: DRIE C’S WAARVAN DIE GROOTSTE, CHRISTUS

Die NG Kerk is wyd verbind in die ‘huishouding van God’ (ekumene). Plaaslik, nasionaal, op die Afrika-kontinent en internasionaal beweeg en werk ons skouer-aan-skouer met ander Christelike Kerke. Met die skryf van ’n onlangse verslag aan die dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen, lys ek die kerke en plekke waar ekself en verskeie afgevaardigdes die afgelope kwartaal beweeg het. Ek grond hierdie besig wees in drie C’s, of néé, vier!

‘Confession’ is die fondament. Kerklike verdeeldheid weerspreek fundamenteel ons kernbelydenis dat daar waarlik “een Here, een geloof, een doop” is. Ekumeniese verhoudings is nie opsioneel nie – dit is noodsaaklik vir teologiese verbondenheid. Die eenheid van die Kerk is immers nie ’n menslike uitvindsel nie; dit is Christus se gebed vir God se kinders.

‘Connection’ maak ons belydenis sigbaar en ’n werklikheid. Al dink tradisies verskillend, kan ons mekaar tog steeds respekteer en liefhê. Hierdie omhelsing van eenheid te midde van diversiteit is presies wat David Bosch bedoel as hy sê dat missionaliteit kerke verenig rondom God se koninkryk en wat Hy vir die ganse skepping begeer.

‘Commitment’ vereis dat ons saamwerk vir shalom (vrede, harmonie, heling). Om medewerkers in God se koninkryk te wees, gaan nie in die eerste plek oor groter impak of suksesvolle uitkomste nie, maar oor ons diep teologiese oortuiging van ‘een liggaam, een Gees’, wat op die logo van die Algemene Sinode staan. God roep die ganse Kerk wêreldwyd, in eenheid om lig en sout te wees en die NG Kerk verbind ons tot hierdie eenheid – ons skei nie af en staan eenkant nie.

Maar dit alles staan of val by Christus. Dit is Hý wat ons bely, in Hom verbind ons onsself aan mekaar, en Hy versterk ons toewyding in hierdie roeping. Sonder Christus word belydenisse leë woorde, vriendskappe vlak, en onderlinge verbintenisse swak. Maar in Christus vind selfs die mees uiteenlopende tradisies hulself wonderbaarlik tuis by mekaar.

Mag ons voortgaan om die eenheid van God se huishouding te bewaar in die band van vrede.

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 10 Julie 2026)
10 July 2026
Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt
8 July 2026
’n Brief vir die vroue van ons kerk
7 July 2026
Brief: Om as leraar af te los op die platteland
7 July 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Skuiling
12 July 2026
Igloe
11 July 2026
Kwaliteit – Gebed
10 July 2026
Kwaliteit
10 July 2026

Lig Tydskrif Vennote

Liewe Jesus se pleister en die Groot Geneesheer
10 July 2026
Laaste dae van genade vir Hermanus-vrou: ‘Dankie, Here’
8 July 2026
Van ’n intensiewesorgeenheid na die Comrades – vrou vertel van haar wonderbaarlike herstel ná ’n motorongeluk
8 July 2026
Ná 32ste aansoek om keuring ’n dokter: ‘God het my geleer hoe om staande te bly in die wind’
7 July 2026