Gedragskode en Gronddebat

Beste Kollega

Groete vanuit die kantoor van die Algemene Sinode. Ek vertrou dit gaan goed met jou en jou bediening.

Pinkster is ʼn wonderlike tyd in ons kerklike jaar en ek vertrou dit was vir jou en jou gemeente ʼn verrykende belewenis.

Ek wil graag twee sake onder jou aandag bring:

Eerstens, daar is ʼn Gedragskode vir Godsdiens hierby aangeheg asook ʼn begeleidende brief van prof Pieter Coertze. KLIK HIER om die brief af te laai. Dit sal gaaf wees as jy en jou kerkraad die dokument kan deurlees en kommentaar kan lewer.

Vanuit die kantoor is jy goed op hoogte gehou van voorstelle deur die CRL Rights Commission wat kan lei tot die regulering van godsdiens. Die kerk het van sy kant af die gedagte van die regulering van godsdiens afgewys en stel ʼn gedragskode voor waaraan godsdienstige groepe moet voldoen. KLIK HIER om die dokument af te laai.

Indien jy enige kommentaar het, sal dit gaaf wees as jy dit kan deurstuur. Dit sal help om die dokument te verfyn.

Tweedens, die gronddebat is aan die gang. Die NG Kerk wil  graag reageer op die uitnodiging om kommentaar daarop te lewer.

In die voorbereiding van die NG Kerk se dokument het ons met landbou- en politieke organisasies asook ander belanghebbendes oor hierdie saak gesels.

KLIK HIER die kommentaar van die NG Kerk oor die gronddebat. In hierdie dokument maak die NG Kerk dit duidelik dat:

  • hy teen die verandering van die grondwet is;
  • hy teen onteiening sonder vergoeding is;
  • die beskerming van voedselsekerheid van die uiterse belang is;
  • daar gekyk moet word na modelle wat reeds goed werk;
  • daar gekyk moet word na redes vir die mislukking van grondhervorming tot dusver.

Verder vra ek dat julle nie net vir die Springbokke sal duim vashou nie. Vir die volgende week is ek in Genève waar die WRK-

vergadering sal besluit waar die volgende algemene vergadering van dié liggaam sal plaasvind. Die NG Kerk is saam met die EKD van Duitsland op die kortlys. Indien ons aangewys word, sal die vergadering met sy 6 000 verteenwoordigers in 2021 in Kaapstad gehou word. Dit is ʼn fantastiese geleentheid, nie net vir ons nie, maar vir alle kerke in Suid-Afrika.

Vriendelike groete en sterkte

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk Vrystaat: Voltydse senior leierskappos (PSD)
13 October 2026
NG Kerk in Noord-Kaapland hou sinodesitting | Dag 1: ‘My bede is dat God hier sigbaar sal word’
12 October 2026
Reeks oor roepingsverhale: ‘My lewenspad tot hier’
12 October 2026
Brief: Hartkreet van ’n Dopper-in-diaspora
12 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Regter
14 October 2026
Kind – Gebed
13 October 2026
Kind
13 October 2026
Tug – Gebed
12 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 October 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026