Hulp aan Mosambiek

Tans is daar heelwat navraag oor die wyse waarop ‘n bydrae gelewer kan word om die nagevolge van sikloon Idai in Mosambiek aan te spreek. Meer as een van die NG Kerk se sinodes het lang verbintenisse met kerke en gemeenskappe in Mosambiek.

Tydens die laaste ASM is daar op ‘n werkswyse besluit in die geval van rampe. ‘n Taakspan word aangewys vir ‘n ramp bestaande uit die algemene sekretaris, die voorsitter van ATFB, asook die moderator/voorsitter van die betrokke sinode. Hierdie span besluit op ‘n strategie. Die algemene sekretaris is verantwoordelik vir die kommunikasie met die media en die koördinering van die projek saam met die ander lede. In die geval van Mosambiek sal die bestuur van die rampfonds gedoen word deur die algemene sekretaris, ds Carl Louwrens – namens die Oostelike Sinode en ds Llewellyn Olivern. Die Oostelike Sinode sal verantwoordelikheid neem omrede dit logisties die beste geposisioneer is en talle gemeentes betrokke is met gemeenskappe wat erg deur die sikloon geraak is.

Ds Llewellyn Olivern – leraar van die Igrecia Reformada em Moçambique (IRM) Lewende Gemeente Maputo en Gabriel Chiboto, moderator van die IRM Novo Sinode het twee weke gelede die vloedgeteiserde gebied van Buzi en Beira besoek.

Tydens die Novo Partnership vergadering op Donderdag, 4 April het hulle terugvoer gegee van hul belewenisse. Die verhale wat hulle vertel kan geen mens onaangeraak laat nie. Eers was dit die wind wat dakke verwoes en bome omgewaai het, daarna het die vloedwater verdere skade aan paaie, geboue, landerye en oeste aangerig. Maande van voedsel- en watertekorte, asook siektes, lê vir baie mense en veral kinders voor. Toegang tot, en kontak met, afgeleë gemeenskappe word bemoeilik deur onbegaanbare paaie. Daar is groot probleme met elektrisiteitstoevoer, aangesien kragpale omgewaai het en dit lank gaan neem om te herstel. Water- en brandstofpompe is dus buite werking en dit impakteer negatief op hulpverlening.

Daar is ‘n dringende nood vir skoon water, kos, klere, medisyne, boumateriaal, diere en saad vir die volgende plantseisoen. Aangesien die vervoer van hierdie hulp bemoeilik word deur oorgrensprosedures, lang afstande en slegte paaie is dit tans die beste om hierdie middele sover moontlik in Mosambiek plaaslik aan te koop.

Die hulpverleningsprogram staan bekend as IRM Project Nova Vida (projek nuwe lewe).

Hulp deur die kerk is immers ‘n getuienis van Jesus se omgee vir mense in nood.

Die IRM Novo Sinode het van hulle kant af ‘n komitee van 6 lede aangewys wat die hulpverlening sal koördineer. Een van die lede sal altyd in Beira wees. Die kerk beskik oor die infrastruktuur om deur die plaaslike gemeentes behulpsaam te wees. Ses gemeentes, en heelwat meer wyke (prayer houses), is ernstig deur die vloed geraak

Finansiële hulp kan dus groot verligting bring vir meeste van die probleme wat nog voorlê in die maande wat kom en sal grootliks waardeer word

Bankbesonderhede indien u tot die noodfonds wil bydra:

Bank name:  Standard Bank
Account holder: GREJA REFORMADA EM MOCAMBIQUE 
Account number: 03 289 1776
Branch code: 051001
Reference: Idai relief
Proof of payment: pastor@vivamaputo.org

Indien gemeentes middele wil voorsien, kan hulle dit by Nelspruit Westergloed Gemeente afgee of direk by Ds Llewellyn Oliver se pastorie in Maputo besorg, vanwaar dit na die vloedgeteisterde gebied gestuur sal word.

Daar is ‘n skakel na dropbox: https://www.dropbox.com/sh/c2u7kpudza1exwc/AAAz3ownHm7HLM8F93tbpghWa?dl=0

Dit is ‘n aanbieding van ds Llewellyn Olivern wat in Mosambiek werk in die IRM gemeentes wat erg deur die sikloon getref is.

Vir enige navrae kan met die algemene sekretaris, dr. Gustav Claassen, geskakel word by 082 856 1943, gustavc@ngkerk.org.za of ds Carl Louwrens 0829 237 452, crl@telkomsa.net

Gustav Claassen
ALGEMENE SEKRETARIS

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025
Brief: Oor eerbiedwaardigheid vir die nagmaal
1 October 2025
Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings
30 September 2025
Skrywer nooi jou om saam te dink oor sterflikheid
30 September 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Óór-analities
2 October 2025
Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025
Oordeelsvermoë
1 October 2025
Onvergenoeg – Gebed
30 September 2025

Lig Tydskrif Vennote

Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Van kwadrupleeg tot mondskilder en motiveringspreker: ‘God is my kompas’
26 September 2025
‘Jesus en Ockert het haar kom haal’
25 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?