Kerswense 2017

kersfeeskaartjie_cover1Beste kollega,

Teen hierdie tyd is elke gemeente se kerssangdiens met groot sukses afgehandel. Hopelik is dit nou ‘n bietjie rustiger en is jy aan die gereedmaak vir ‘n welverdiende vakansie iewers. Met ‘n bietjie meer rustigheid is die noodwendige dat elkeen van ons nabetragting doen oor ‘n jaar wat verby is. Miskien was dit vir jou ‘n goeie jaar met talle persoonlike hoogtepunte. Dalk was die jaar gelaai met hartseer en laagtepunte. Hoe ookal sy, mag die vrede en vreugde van die komende feestyd jou oorweldig.

Die geboorte van die Seun van God gee ons moed vir die lewe, gee vreugde en sin daaraan. God laat Hom nie keer deur teleurstellings en uitdagings nie. Sy lewenslus brand te sterk. Juis daarom het die Seun gekom: om lewe in die oortreffende trap te bring. Kerstyd is in baie opsigte ‘n tyd van oor- en nuut begin. Mag jy nuut en uitgerus ‘n 2017 tegemoet gaan.

As ons dit vir mekaar bid, laat ons ook in hierdie tyd vir die NG Kerk bid wat ons liefhet. As God in Christus weer sy skeppingswoord spreek, as die goddelike lig vlees word in Jesus Christus van Nasaret, begin Hy om die eenheid van die kerk te bou. Die apostels getuig daarvan dat hulle eenheid, en daarmee die eenheid van die kerk, vir Jesus erns was. Vir Jesus was dit van soveel erns dat Hy God ernstig gebid het om, wanneer Hy weg is, tog die eenheid onder sy volgelinge te bewaar (Joh. 17:11, 20-23) Duideliker kan dit kwaliker wees: die eenheid van die kerk is die bewys dat Christus en die Vader een is en  dat God mense liefhet. Die eenheid van die kerk getuig dus van die eenheid van God en van God se liefde vir sy mense. Dit is waarvan die NG Kerk getuie is en dit is waarvan ons getuies is.

Laat ons daarvoor bid in hierdie dae. Dit is wat juis gemis word in die huidige kerklike debat. In ons gepatery en gestryery beweeg ons ligvoets by die punt van getuienislewering verby. Die kerklike debat op die sosiale media is ‘n skokkende voorbeeld daarvan. Die eenheid is altyd ‘n geleefde eenheid. Om die rede is eengesindheid ‘n woord wat herhaaldelike gebruik word in die skrywes aan die vroeë gemeentes, deur Paulus en ander, wat ‘n ongelooflike diversiteit in terme van ras, geslag en spiritualiteit verteenwoordig het.

Eensgesindheid beteken nie konsensus nie. Dit beteken wel dat almal ten doel sal hê om die eenheid te bewaar ten einde getuienis te kan aflê van die een God en sy liefde vir die wêreld. Verskille kan nie toegelaat word om die eenheid te versteur nie. Eenheid is juis eenheid ten spyte van verskeidenheid, die kerk is juis uit ‘n verskeidenheid opgemaak.

Kom ons bid vir mekaar, kom ons bid vir eensgesindheid, kom ons bid vir die getuienis van die NG Kerk in hierdie dae.

Mag die Vrede van die Vredevors julle harte en lewens vervul.

En mag die nuwe jaar vol verrassende uitdagings en wonderlike geleenthede wees.

Geseënde Chrustusfees met vriende en familie!

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

* Die Week van Gebed reeks wat by die REFORMASIE500 tema aansluit is te kry by: http://www.clf.co.za/downloads/pentecost-week-of-prayer

 

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien | Ontmoet Diederick Basson die NG Kerkargief se nuwe ‘geheue-bestuurder’
3 March 2025
NG Kerk in Namibië kyk na opsie om verband met Algemene Sinode ‘te herdefinieer’ wanneer sinode einde Maart plaasvind
3 March 2025
Leraars beweeg (Amptelike Nuus: 24- 28 Februarie 2025)
28 February 2025
Brief | ‘Hoor jy God se stem?’
26 February 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Nie áltyd nie!
3 March 2025
Let op
2 March 2025
Wysheid, asseblief, Here!
1 March 2025
Niks behalwe U nie!
28 February 2025

Lig Tydskrif Vennote

Mamma-memoires: Die Bosluis, Johnny en my skoonma
2 March 2025
Nege maande om te leef, en nou is my kind nege jaar ‘skoon’ van kanker
28 February 2025
Hoe hoor ek God se stem?
27 February 2025
Jacques Papenfus se verhaal (deel 2): ‘My donkerte word lig by Moeggesukkel’
26 February 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?