PEPUDA-wetgewing

Beste kollega

Hopelik sal jy kan getuig dat dit in die huidige omstandighede met jou goed gaan. Laat ons nie ophou om in hierdie tyd vir mekaar te bid en mekaar te bemoedig nie.

Met hierdie skrywe wil ek aan jou inligting deurgee oor die PEPUDA-wetgewing. Ek het al heelwat navrae van kollegas direk beantwoord. Die artikel in Kerkbode het ook reeds die raamwerk van die NG Kerk se kommentaar weergegee.  KLIK HIER indien jy nog nie die kerklike standpunt gesien het nie.  Lees gerus ook: PEPUDA: Hou kommentaar so uniek moontlik.

Die algemene sekretaris sal namens die NG Kerk kommentaar lewer teen 30 Junie, wat die teikendatum is. Daar is by sommige gemeentes die behoefte om ook kommentaar te lewer. Dit word verwelkom.

Probeer jou kommentaar so uniek moontlik verwoord. Die kommentaar wat in Engels aangeheg is se inhoud kan met vrymoedigheid gebruik word. Moet dit asseblief nie bloot kopieer en aanstuur nie. Die wetgewer, wat die kommentaar ontvang en verwerk, sal dit nie as outentiek beskou nie. Organisasies wat ’n pro forma-opsie aanbied, wat bloot deur gemeentes onderteken word, se pogings sal ook nie noodwendig met die nodige erns hanteer word nie. Die wetgewer ontvang in so ’n geval honderde dokumente wat presies dieselfde lyk.

Kommentaar kan soos volg aangebied en aangestuur word:

TO: Department of Justice and Constitutional Development

ATTENTION: Department of Justice and Constitutional Development

DELIVERED: By e-mail: fbhayat@justice.gov.za

To whom it may concern

SUBMISSIONS: PROMOTION OF EQUALITY AND PREVENTION OF UNFAIR DISCRIMINATION AMENDMENT BILL 2021

Jou kommentaar kan hierop volg. Die voorsitter van die kerkraad kan dit onderteken. Voeg asseblief alle kontakbesonderhede by.

Ten slotte ’n woord van bemoediging en ondersteuning. Die Dagbestuur van die ASM het dit goedgevind om saam met die talle boodskappe, verklarings en oproepe van gemeentes, ringe en sinodes ook ’n kort videoboodskap uit te reik. Dit is reeds deur Kerkbode geplaas. KLIK HIER om die artikel te lees en na die video te kyk.

Dankie vir almal wat reeds daarop gereageer en positiewe terugvoering gegee het. Dit beklemtoon die waarheid dat ons saam sterker is, dat ons verbondenheid aan mekaar ’n geskenk is en dat dit ’n voorreg is om in ’n tyd soos hierdie deel van die NG Kerk te wees.

Groete in Christus

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

‘Elkeen kon spykers in die kruis kap’ … Gemeente in KZN vertel oor ‘Wandel-in-die-Woord’-diens op wildsplaas
21 November 2025
NG Kerk Windhoek-Oos: Musiekkoördineerder
20 November 2025
Brief: ‘Huis van God is vir die maak van dissipels’ 
21 November 2025
Tussen verlies en vooruitskoue: Die ASM in November
20 November 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Jou ma Eunice – Gebed
24 November 2025
Jou ma Eunice
24 November 2025
Wees net jy
23 November 2025
Dapper
22 November 2025

Lig Tydskrif Vennote

‘Soms ervaar ons my man in die sonsopkoms, ander kere in die wind’ – enkelma ná man doodgery is
24 November 2025
‘Dobbelverslawing het my byna verwoes – en toe gryp dit my seuns’
20 November 2025
‘God is groter as enige tragedie’ – sangeres ná ongeluk
18 November 2025
Klein Jana se ma: ‘Die wonderwerk is te groot om te begryp’
14 November 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?