Persverklaring oor oproer en beskadiging van kerkgebou

Dit is met buitengewone ontsteltenis dat ons kennis geneem het van die skade wat oproeriges aangebring het aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Wesmoot se kerkgebou. ‘n Samelewing wat nie meer respek het vir gelowiges se plekke van aanbidding nie, behoort ernstige selfondersoek te doen. Ons doen ‘n beroep op alle politieke- en gemeenskapsleiers om met respek om te gaan en leiding te gee aan volgelinge, ten aansien van mense se menswaardigheid, respek vir eiendom en die geloofsoortuigings van mede-burgers.

Die protesgebeure in ons land neem tans afmetings aan wat bedreigend en ontstellend is in ‘n tyd waarin ons vrye en diepgaande debat behoort te voer oor die toekoms van ons demokrasie, ons ekonomie en die aspirasies van ons mense. In situasies van geweld, ly almal. Ons doen ‘n beroep op die regering om die orde te herstel, en op alle partye om hulle te weerhou van die oppertunistiese magsmisbruik. As kerk bid ons in hierdie tyd vir vrede, verdraagsaamheid en versoening sodat ons ons verskille, drome en aspirasies op ‘n ordelike en menswaardige wyse kan bestuur. Ons bid ook dat alle vredeliewende Suid-Afrikaners nou sal hande vat en vrede en welwillendheid sal bevorder.

Namens die Moderatuur van die NG Kerk
Nelis van Rensburg (Voorsitter) en Gustav Claassen (Algemene Sekretaris)

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien: Nuwe leiers verkies by Oostelike Sinodesitting
17 October 2026
‘Die ongelykhede gaan net verdiep’: Oostelike Sinode bespreek wat die kerk nie mag miskyk nie
17 October 2026
Verstaan die Ou Testament: Die weerloosheid van vroue
16 October 2026
Oostelike sinode: Dag 1 | Dié sinode vergader ‘doelbewus anders’
17 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Aksie
18 October 2026
Stilmaak
17 October 2026
Taktvol – Gebed
16 October 2026
Taktvol
16 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 October 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 October 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026