Persverklaring oor oproer en beskadiging van kerkgebou

Dit is met buitengewone ontsteltenis dat ons kennis geneem het van die skade wat oproeriges aangebring het aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Wesmoot se kerkgebou. ‘n Samelewing wat nie meer respek het vir gelowiges se plekke van aanbidding nie, behoort ernstige selfondersoek te doen. Ons doen ‘n beroep op alle politieke- en gemeenskapsleiers om met respek om te gaan en leiding te gee aan volgelinge, ten aansien van mense se menswaardigheid, respek vir eiendom en die geloofsoortuigings van mede-burgers.

Die protesgebeure in ons land neem tans afmetings aan wat bedreigend en ontstellend is in ‘n tyd waarin ons vrye en diepgaande debat behoort te voer oor die toekoms van ons demokrasie, ons ekonomie en die aspirasies van ons mense. In situasies van geweld, ly almal. Ons doen ‘n beroep op die regering om die orde te herstel, en op alle partye om hulle te weerhou van die oppertunistiese magsmisbruik. As kerk bid ons in hierdie tyd vir vrede, verdraagsaamheid en versoening sodat ons ons verskille, drome en aspirasies op ‘n ordelike en menswaardige wyse kan bestuur. Ons bid ook dat alle vredeliewende Suid-Afrikaners nou sal hande vat en vrede en welwillendheid sal bevorder.

Namens die Moderatuur van die NG Kerk
Nelis van Rensburg (Voorsitter) en Gustav Claassen (Algemene Sekretaris)

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 10 Julie 2026)
10 July 2026
Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt
8 July 2026
’n Brief vir die vroue van ons kerk
7 July 2026
Brief: Om as leraar af te los op die platteland
7 July 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Skuiling
12 July 2026
Igloe
11 July 2026
Kwaliteit – Gebed
10 July 2026
Kwaliteit
10 July 2026

Lig Tydskrif Vennote

Liewe Jesus se pleister en die Groot Geneesheer
10 July 2026
Laaste dae van genade vir Hermanus-vrou: ‘Dankie, Here’
8 July 2026
Van ’n intensiewesorgeenheid na die Comrades – vrou vertel van haar wonderbaarlike herstel ná ’n motorongeluk
8 July 2026
Ná 32ste aansoek om keuring ’n dokter: ‘God het my geleer hoe om staande te bly in die wind’
7 July 2026