Skrywe van die Algemene Sekretaris – Mei (2) 2017

Beste kollegas

Hierdie skrywe volg kort op die hakke van die vorige een. Ek wil net twee sake deurgee.

1.       Die gebedsgids Soak our country in prayer nou ook in Afrikaans beskikbaar

Die gebedsgids wat die NG Kerk saam met die SARK ontwikkel het, is ook nou in Afrikaans beskikbaar by die volgende skakel: www.resources.christians.co.za

In die vorige brief het ek genoem dat hierdie gids ʼn wonderlike geleentheid bied aan gemeenskappe om gesamentlik vir ʼn moeilike tyd in ons land te bid.

2.       Missionale transformasie

Die strategiese span wat werk met die hooffokus van die Algemene Sinode, naamlik missionale kerk-wees, het verlede Woensdag in Stellenbosch aan ʼn ekumeniese konsultasie deelgeneem. Dit kom al duideliker na vore dat die pad na ʼn missionale kerk twee spore het. In die eerste plek gaan dit oor ʼn diep kultuurverandering in gemeentes wat hulle al hoe duideliker daarop rig dat God se heerskappy in die wêreld sigbaar sal word. Hier gaan dit oor projekte in diens van die gemeenskap, maar ook, nog belangriker, oor lidmate wat hulle roeping dag vir dag in die wêreld uitleef. Daar is reeds baie energie in gemeentes en sinodes hiervoor.

Die tweede spoor gaan oor die skep van nuwe geloofsgemeenskappe. Die Anglikaanse Kerk se “Fresh Expressions”-benadering kan die NG Kerk baie help om ons weg hierin te vind. Dit is ʼn organiese model, maar vra dat ons indringend sal kyk na ons beskouing van die ampte en na ʼn Kerkorde wat die plant van nuwe geloofsgemeenskappe aanmoedig en moontlik maak. Lourens Bosman is die nuwe taakspanleier van Missionale Transformasie.

Groete tot ʼn volgende keer.

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe
5 June 2026
Só gaan dit weke ná groot stormskade | Boere is getraumatiseer, vra voorbidding
5 June 2026
NG Ring van Hanover: Brugleraar (ses tot nege maande)
5 June 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Junie 2026)
5 June 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Dans
7 June 2026
Loof
6 June 2026
Mond – Gebed
5 June 2026
Mond
5 June 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek kon skielik nie sien, hoor of praat nie’ – vrou glo dat swaarkry haar vir ’n eie bediening gevorm het
5 June 2026
Louis en Hettie Brittz se grootste les: ‘Die huwelik gaan nie oor selfvervulling nie’
4 June 2026
LiG Getuig-podcast #3: ‘Ek wil die stilte rondom alkoholisme breek’
3 June 2026
Nina en Ma Lindie – ‘Dis genade wat ons stories mooi maak’
1 June 2026

Create a session

Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Kies Datum *
Tyd *
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Amount
Show your name in the donations list
Name