Skrywe van die Algemene Sekretaris – Mei (2) 2017

Beste kollegas

Hierdie skrywe volg kort op die hakke van die vorige een. Ek wil net twee sake deurgee.

1.       Die gebedsgids Soak our country in prayer nou ook in Afrikaans beskikbaar

Die gebedsgids wat die NG Kerk saam met die SARK ontwikkel het, is ook nou in Afrikaans beskikbaar by die volgende skakel: www.resources.christians.co.za

In die vorige brief het ek genoem dat hierdie gids ʼn wonderlike geleentheid bied aan gemeenskappe om gesamentlik vir ʼn moeilike tyd in ons land te bid.

2.       Missionale transformasie

Die strategiese span wat werk met die hooffokus van die Algemene Sinode, naamlik missionale kerk-wees, het verlede Woensdag in Stellenbosch aan ʼn ekumeniese konsultasie deelgeneem. Dit kom al duideliker na vore dat die pad na ʼn missionale kerk twee spore het. In die eerste plek gaan dit oor ʼn diep kultuurverandering in gemeentes wat hulle al hoe duideliker daarop rig dat God se heerskappy in die wêreld sigbaar sal word. Hier gaan dit oor projekte in diens van die gemeenskap, maar ook, nog belangriker, oor lidmate wat hulle roeping dag vir dag in die wêreld uitleef. Daar is reeds baie energie in gemeentes en sinodes hiervoor.

Die tweede spoor gaan oor die skep van nuwe geloofsgemeenskappe. Die Anglikaanse Kerk se “Fresh Expressions”-benadering kan die NG Kerk baie help om ons weg hierin te vind. Dit is ʼn organiese model, maar vra dat ons indringend sal kyk na ons beskouing van die ampte en na ʼn Kerkorde wat die plant van nuwe geloofsgemeenskappe aanmoedig en moontlik maak. Lourens Bosman is die nuwe taakspanleier van Missionale Transformasie.

Groete tot ʼn volgende keer.

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Diensleraars is geen ‘kortpad’ na die bediening nie
3 October 2025
Amptelike nuus – 3 Oktober 2025
3 October 2025
Pelgrimstog van Hoop: Sewende roete op gewilde netwerk van staproetes kronkel deur die Baviaans
3 October 2025
Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Kyk in haar oë
4 October 2025
Spanmaat
3 October 2025
Óór-analities
2 October 2025
Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025

Lig Tydskrif Vennote

Skooljuffrou raak harte aan: ‘Koester die verlede, maar vertroetel elke nuwe oomblik’
3 October 2025
Jesus se uitnodiging na nader, ligter, minder
2 October 2025
Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?