Skrywe van die Algemene Sekretaris – ASM vergadering

memo-graphic-missionale-transformasie

Beste kollegas,

Na die ASM vergadering van 5-7 September, my gebruiklike kommunikasie aan julle oor sake wat van belang mag wees.

Die inhoud van die sake wat ek graag wil beskikbaar stel, neem redelik spasie op. Om dié rede gee ek kortliks ‘n inleiding op elkeen van die sake met ‘n nodige skakel. Indien jy dus meer van ‘n sekere onderwerp wil weet, klik net op die skakel vir meer besonderhede.

Hierdie skrywe het inligting oor die volgende sake:

  1. Missionale Transformasie

Soos julle reeds weet, is dit die NG Kerk se nommer een prioriteit. Die ASM het na terugvoering van die Taakspan, baie positief gereageer. Daar is baie hard gewerk deur die Taakspan vir Missionale Transformasie saam met ander taakspanne gedoen. Goeie sinergie is bewerk en die resultaat is dat heelwat van die tekortkominge aangespreek is. Indien jy meer wil weet, klik op Missionale Roeping

  1. Teologiese Opleiding

Die Algemene Kuratoruim het die afgelope tyd baie hard gewerk en ongelooflike vordering gemaak. Baie aandag is gegee aan die vier bane van onderrig. Ek het die afgelope tyd baie navrae gekry oor hierdie aspekte. Indien jy meer wil weet, klik op Teologiese opleiding

  1. REFO 500

Volgende jaar is dit die vyfhonderd-jarige vieringe van die Reformasie met spesiale aandag aan Martin Luther se bydrae. September is tradisioneel die tyd van die jaar wat die volgende jaar se kalender beplan en gedruk word. Neem kennis dat daar ‘n ongelooflike hoeveelheid materiaal ontwikkel word om gemeentes te ondersteun met dié vieringe. Vir meer inligting, asook vir die logo wat gebruik gaan word, klik op Refo 500 en Refo Logo

  1. Buitengewone Sinode 7-10 November 2016

Die ASM het besluit op ‘n Buitengewone Sinodesitting. Vir meer inligting klik op Buitengewone Sinode.  Uit die aard van die saak sal daar in die volgende paar weke hard gewerk word en soos meer  inligting beskikbaar raak, kommunikeer ek dit so vining as moontlik na jou.

  1. Predikantekonferensie.

Gesien in die lig van die Buitengewone Sinode verval die datum vir dié konferensie in April 2017. Die moontlikheid word ondersoek om die geleentheid te skuif na die datum waarop die Algemene Sinode sou plaasvind in Oktober 2017.

  1. Biddag vir reën, 2 Oktober 2016

Alle gemeentes word opgeroep om in samewerking met ander kerke spesiale gebedsbyeenkomste vir reën te reël met die oog op ‘n Goddelike ingryping om verlossing van die knellende droogte

Kollegas ek bid vir julle sterkte en seën toe!

Saam in Sy diens.

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien: Nuwe leiers verkies by Oostelike Sinodesitting
17 October 2026
‘Die ongelykhede gaan net verdiep’: Oostelike Sinode bespreek wat die kerk nie mag miskyk nie
17 October 2026
Verstaan die Ou Testament: Die weerloosheid van vroue
16 October 2026
Oostelike sinode: Dag 1 | Dié sinode vergader ‘doelbewus anders’
17 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Aksie
18 October 2026
Stilmaak
17 October 2026
Taktvol – Gebed
16 October 2026
Taktvol
16 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 October 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 October 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026