Skrywe van die Algemene Sekretaris – ASM vergadering

memo-graphic-missionale-transformasie

Beste kollegas,

Na die ASM vergadering van 5-7 September, my gebruiklike kommunikasie aan julle oor sake wat van belang mag wees.

Die inhoud van die sake wat ek graag wil beskikbaar stel, neem redelik spasie op. Om dié rede gee ek kortliks ‘n inleiding op elkeen van die sake met ‘n nodige skakel. Indien jy dus meer van ‘n sekere onderwerp wil weet, klik net op die skakel vir meer besonderhede.

Hierdie skrywe het inligting oor die volgende sake:

  1. Missionale Transformasie

Soos julle reeds weet, is dit die NG Kerk se nommer een prioriteit. Die ASM het na terugvoering van die Taakspan, baie positief gereageer. Daar is baie hard gewerk deur die Taakspan vir Missionale Transformasie saam met ander taakspanne gedoen. Goeie sinergie is bewerk en die resultaat is dat heelwat van die tekortkominge aangespreek is. Indien jy meer wil weet, klik op Missionale Roeping

  1. Teologiese Opleiding

Die Algemene Kuratoruim het die afgelope tyd baie hard gewerk en ongelooflike vordering gemaak. Baie aandag is gegee aan die vier bane van onderrig. Ek het die afgelope tyd baie navrae gekry oor hierdie aspekte. Indien jy meer wil weet, klik op Teologiese opleiding

  1. REFO 500

Volgende jaar is dit die vyfhonderd-jarige vieringe van die Reformasie met spesiale aandag aan Martin Luther se bydrae. September is tradisioneel die tyd van die jaar wat die volgende jaar se kalender beplan en gedruk word. Neem kennis dat daar ‘n ongelooflike hoeveelheid materiaal ontwikkel word om gemeentes te ondersteun met dié vieringe. Vir meer inligting, asook vir die logo wat gebruik gaan word, klik op Refo 500 en Refo Logo

  1. Buitengewone Sinode 7-10 November 2016

Die ASM het besluit op ‘n Buitengewone Sinodesitting. Vir meer inligting klik op Buitengewone Sinode.  Uit die aard van die saak sal daar in die volgende paar weke hard gewerk word en soos meer  inligting beskikbaar raak, kommunikeer ek dit so vining as moontlik na jou.

  1. Predikantekonferensie.

Gesien in die lig van die Buitengewone Sinode verval die datum vir dié konferensie in April 2017. Die moontlikheid word ondersoek om die geleentheid te skuif na die datum waarop die Algemene Sinode sou plaasvind in Oktober 2017.

  1. Biddag vir reën, 2 Oktober 2016

Alle gemeentes word opgeroep om in samewerking met ander kerke spesiale gebedsbyeenkomste vir reën te reël met die oog op ‘n Goddelike ingryping om verlossing van die knellende droogte

Kollegas ek bid vir julle sterkte en seën toe!

Saam in Sy diens.

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant
14 July 2026
NG Gemeente Hugenoot: Twee predikantsposte (Deeltydse onbepaalde termyn)
14 July 2026
NG Kerk Swakopmund: Jeugwerker
14 July 2026
Podsending: Hoekom luister so belangrike deel van sosiale innovasie is … – Frederick Marais gesels met Joe Janse van Rensburg
13 July 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Lieflik – Gebed
15 July 2026
Lieflik
15 July 2026
Ken – Gebed
14 July 2026
Ken
14 July 2026

Lig Tydskrif Vennote

Haar tweeling so oud soos toe sy hul ma geword het: ‘God se liefde het my gehelp om myself te vergewe’
14 July 2026
Liewe Jesus se pleister en die Groot Geneesheer
10 July 2026
Laaste dae van genade vir Hermanus-vrou: ‘Dankie, Here’
8 July 2026
Van ’n intensiewesorgeenheid na die Comrades – vrou vertel van haar wonderbaarlike herstel ná ’n motorongeluk
8 July 2026