“So ook op die aarde” – preekreeks

Die taakspan Miga 6 vers 8: vir Versoening en Geregtigheid wil streeksinodes en plaaslike gemeentes ondersteun in die uitleef van ons roeping tot versoening en geregtigheid in Suid-Afrika. In Februarie 2025 het die Algemene Sinodale Moderamen ons gespreksdokument “Die Taal en Trant van Gesprek oor Versoening en Geregtigheid” ontvang en aan streeksinodes versprei. Die dokument is hier beskikbaar.
Dit is geskryf met die oog op gesprek en refleksie oor hoe ons as dissipels van Christus vandag in 2025 oor versoening en geregtigheid praat en leef.

Uit hierdie dokument is 7 kern-slagspreuke ontwikkel om die onderliggende beginsels op eenvoudige wyse te kommunikeer. In Mei 2025 het ons ’n sosiale media-veldtog geloods om bewusmaking te skep. Gemeentes en streeksinodes word hartlik uitgenooi om van hierdie materiaal gebruik te maak—ook as deel van eredienste, gesprekke en refleksieprosesse. Byvoorbeeld, een gemeente het die slagspreuke visueel vertoon in hul voorportaal. Die gespreksdokument kan tydens ‘n kerkraadsvergadering gelees en bespreek word—deur woorde wat uitstaan te merk, en dan in pare en as groep daaroor te gesels.

Ons stel graag ook die preekreeks voor wat saam met die slagspreuke ontwikkel is. Die reeks is ontwerp vir Koninkrykstyd 2025. Gemeentes kan self bepaal wanneer om daarmee te begin; ons stel net voor dat die volgorde hieronder gevolg word. Dit is nie verpligtend om al sewe preke te gebruik nie, maar ons moedig predikers aan om deur al die riglyne én die gespreksdokument te lees.

Preekreeks:
1.      Geseënd is die vredemakers – Matteus 5:9 en Johannes 4:1–26

2.      Een in Christus – Psalm 122

3.      Nie slagoffers nie – 2 Korintiërs 4

4.      Hard oor onreg, sag met mekaar – Nehemia 5:1–19

5.      Let’s take hands – 1 Korintiërs 12:12–31

6.      Hoop bo vrees – 2 Samuel 9:1–13

7.      Ons suffer saam – Lukas 10:25–37

Al die preek voorstelle, sowel as eksegetiese nota’s kan hier afgelaai word.

Ons waardeer enige terugvoer, foto’s of stories van hoe die reeks in gemeentes gebruik word. Mag dit help om taal, trant en roeping oor Versoening en Geregtigheid opnuut te ontdek en bevestig.

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe
5 June 2026
Só gaan dit weke ná groot stormskade | Boere is getraumatiseer, vra voorbidding
5 June 2026
NG Ring van Hanover: Brugleraar (ses tot nege maande)
5 June 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Junie 2026)
5 June 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Dans
7 June 2026
Loof
6 June 2026
Mond – Gebed
5 June 2026
Mond
5 June 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek kon skielik nie sien, hoor of praat nie’ – vrou glo dat swaarkry haar vir ’n eie bediening gevorm het
5 June 2026
Louis en Hettie Brittz se grootste les: ‘Die huwelik gaan nie oor selfvervulling nie’
4 June 2026
LiG Getuig-podcast #3: ‘Ek wil die stilte rondom alkoholisme breek’
3 June 2026
Nina en Ma Lindie – ‘Dis genade wat ons stories mooi maak’
1 June 2026

Create a session

Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Kies Datum *
Tyd *
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Amount
Show your name in the donations list
Name