“So ook op die aarde” – preekreeks

Die taakspan Miga 6 vers 8: vir Versoening en Geregtigheid wil streeksinodes en plaaslike gemeentes ondersteun in die uitleef van ons roeping tot versoening en geregtigheid in Suid-Afrika. In Februarie 2025 het die Algemene Sinodale Moderamen ons gespreksdokument “Die Taal en Trant van Gesprek oor Versoening en Geregtigheid” ontvang en aan streeksinodes versprei. Die dokument is hier beskikbaar.
Dit is geskryf met die oog op gesprek en refleksie oor hoe ons as dissipels van Christus vandag in 2025 oor versoening en geregtigheid praat en leef.

Uit hierdie dokument is 7 kern-slagspreuke ontwikkel om die onderliggende beginsels op eenvoudige wyse te kommunikeer. In Mei 2025 het ons ’n sosiale media-veldtog geloods om bewusmaking te skep. Gemeentes en streeksinodes word hartlik uitgenooi om van hierdie materiaal gebruik te maak—ook as deel van eredienste, gesprekke en refleksieprosesse. Byvoorbeeld, een gemeente het die slagspreuke visueel vertoon in hul voorportaal. Die gespreksdokument kan tydens ‘n kerkraadsvergadering gelees en bespreek word—deur woorde wat uitstaan te merk, en dan in pare en as groep daaroor te gesels.

Ons stel graag ook die preekreeks voor wat saam met die slagspreuke ontwikkel is. Die reeks is ontwerp vir Koninkrykstyd 2025. Gemeentes kan self bepaal wanneer om daarmee te begin; ons stel net voor dat die volgorde hieronder gevolg word. Dit is nie verpligtend om al sewe preke te gebruik nie, maar ons moedig predikers aan om deur al die riglyne én die gespreksdokument te lees.

Preekreeks:
1.      Geseënd is die vredemakers – Matteus 5:9 en Johannes 4:1–26

2.      Een in Christus – Psalm 122

3.      Nie slagoffers nie – 2 Korintiërs 4

4.      Hard oor onreg, sag met mekaar – Nehemia 5:1–19

5.      Let’s take hands – 1 Korintiërs 12:12–31

6.      Hoop bo vrees – 2 Samuel 9:1–13

7.      Ons suffer saam – Lukas 10:25–37

Al die preek voorstelle, sowel as eksegetiese nota’s kan hier afgelaai word.

Ons waardeer enige terugvoer, foto’s of stories van hoe die reeks in gemeentes gebruik word. Mag dit help om taal, trant en roeping oor Versoening en Geregtigheid opnuut te ontdek en bevestig.

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 11 Julie 2025)
11 July 2025
Brief: Witheid (whiteness) in die NG Kerk?
11 July 2025
Brief: Ons moet ons van ons bekering bekeer
11 July 2025
Brief: ‘Eksklusiewe gebruik van enige taal – Afrikaans, Engels of Xhosa – kan uitsluiting veroorsaak’
11 July 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Potskerf en poësie
11 July 2025
Jobstroosters
10 July 2025
Help my!
9 July 2025
Weer en weer
8 July 2025

Lig Tydskrif Vennote

My noue ontkoming in see: ‘God het ’n engel gestuur om my te red’
11 July 2025
Alkoholisme – ’n gesinsverwoester
11 July 2025
Die betowering wat in die donker te vind is
10 July 2025
‘Kies om God te aanbid – ten spyte van moeilike omstandighede’
9 July 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?